Mnr Andries Gustav le Grange
Mnr Andries Gustav le Grange het in 1996 sy B.Proc graad verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat en sy klerkskap voltooi by Naudes Prokureurs te Bloemfontein (nou bekend as Phatshoane Henney Ingelyf).
Hy het in 1998 by die firma aangesluit as Professionele Assistent en is in 2003 as ‘n Direkteur van die firma aangewys.
Hy is ‘n toegelate Prokureur, Transportbesorger en Notaris Publiek, ‘n Kommissaris van die Klein Eise Hof, Geassosieerde Waardeerder en ‘n Taksateur in terme van die Boedelwet. Waterregte, boedelbeplanning- en bereddering, kommersiële dienste is enkele van sy spesialiteitsvelde.
Mev Rhona Loretta Dietrichsen
Mev Rhona Loretta Dietrichsen het in 2009 by die firma aangesluit as ‘n aktesdame.
Sy het in 2021 haar LLB graad verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat en is in 2022 toegelaat as Prokureur, Transportbesorger en Notaris Publiek.
In Desember 2023 is sy aangewys as ‘n Direkteur van die firma. As hoof van die aktespraktyk bestuur sy die registrasie van transporte, verbande en notariële aktes.