Diens en Integriteit Sedert 1923
Ons firma se kantore is geleë in Hoopstad. Ons bedien kliënte in die distrikte van Hoopstad, Wesselsbron, Bultfontein, Boshof, Hertzogville, Bloemhof, Bothaville sowel as Bloemfontein en verskeie ander gebiede in Suid-Afrika.
Die firma se kliënte sluit in landbouprodusente, Banke, besighede en Korporasies.
Ons firma is op Eerste Nasionale Bank, ABSA Bank Beperk en Standard Bank se paneel vir Prokureurs.
Die firma streef daarna om ‘n kundige en vinnige diens aan ons kliënte te lewer teen ‘n billike fooi. Ons missie is om die hoogste moontlike professionele standaarde te handhaaf, en om die lojaliteit en vertroue wat dit van sy kliënte ontvang te verbeter deur eerlike en effektiewe diens.
Vertou op ons…
Boedelbeplanning, boedelbereddering, oprigting van Trusts, Transportbesorging, Waardasies, Veilings en ons Eiendomsagentskap vorm die kern van die firma se besigheidsaktiwiteite en is ‘n wesenlike en integrale deel van die firma se dienste. Hierdie gespesialiseerde dienste het aan die firma ‘n intieme kennis verskaf van potensiële kopers en verkopers, hul onderskeie finansiële posisies, asook van die huidige markwaarde van eiendom in ons distrik, sowel as in die omliggende distrikte.