Die Geskiedenis en Waardes wat Ons Firma Dryf
Die firma is in 1923 gestig deur wyle Jacobus Nicolaas (Kosie) Coetzer. Hy het as eenman Prokureur, sonder enige sekretariële dames, beide straf- en siviele sake hanteer. Al wat hy gehad het was ‘n tikmasjien, ‘n paar regsboeke, selfvertroue, integriteit en vertroue in die toekoms.
Oom Kosie se seun, wyle Piet Coetzer het by hom aangesluit in 1956 en was werksaam by die firma tot en met sy afsterwe in 2007. Hy was ‘n groot karakter sowel as geliefde en gerespekteerde Prokureur in die Hoopstad distrik.
‘n Erfenis van Integriteit en Toewyding
Wyle Piet Coetzer se neef, wyle Jacobus Nicolaas (Nico) Coetzer het in 1966 by die firma aangesluit en was deel van die firma tot en met 2023, op 80 jarige ouderdom.
Ons huidige senior vennoot is Gustav le Grange wat in 1998 by die firma aangesluit het.
Dit is as gevolg van hierdie here se integriteit en toewyding oor ‘n tydperk van 100 jaar dat die fondasies vir die firma gelê is en ook die etos van die firma bepaal het om altyd na uitnemendheid te streef deur middel van eerlike dienslewering aan kliënte.